Spoegwolf en Jack Parow! Londen & AMSTERDAM 2026

Spoegwolf kom al vir meer as ’n halwe dekade na Europa en Engeland.

Elke keer as jy in ’n vreemde land is, ontdek jy iets van jouself — en dan verander alles.

Ons verloor ons koppe in die musiek, die bier, die vriende van ver plekke… en die vriende uit ander lewens.

Hierdie jaar vat ons een van Suid-Afrika se grootste uitvoere saam.

Want hierdie keer beplan ons om die partytjie te verdubbel.

Spoegwolf en Jack Parrow. In Londen. In Amsterdam. Buite beheer.