DRYF

Original Songs & Lyrics by Danie du Toit.* 

Music Written & Arranged by Spoegwolf.

*"Erica Way" by Danie du Toit & Jodi Jantjies.

  1. Inleiding

Music by Spoegwolf.

Wedding speech by Johan Du Toit.


2.          Woud

 

hmm? ja

ek gaan - 

ek gaan sag ook speel …

 

maak die deur oop

sit die lig aan

jy's die hitte in hierdie huis

bel my broers ook

sê ek's veilig

ons het te lank op die veld gebly

 

ek was 'n kind in die straatlig

daar was zombies in die strate

jy was hoog in jou kamer

met daai borsel in jou hare

 

nou's ons dertig jaar oud

met 'n huis in 'n woud

ons stap ons honde waar die son bars

ek onthou soms die kind

wat gedroom het oor jou

en al daai wonde word geheime

geheime dwaal aan ons lywe

 

bring jou denim

bring jou vlerke

ek wil gaan waar die klowe skeur

hou die stuurwiel

hou my hart ook

dalk is om oor te gaan 

die beste weg deur

 

ek was 'n kind op my bergfiets

ons kon vlieg met die stroompies

jy't gaan stap in die berge

met daai briewe van jou pa-hulle

 

nou's ons dertig jaar oud

met 'n huis in 'n woud

ons stap ons honde waar die son bars

ek onthou soms die kind

wat gedroom het oor jou

en al daai wonde word geheime

geheime dwaal aan ons lywe

 

nou's ons dertig jaar oud

met 'n huis in 'n woud

ons stap ons honde waar die son bars

ek onthou soms die kind

wat gedroom het oor jou

en al daai wonde word geheime

geheime dwaal aan ons lywe

 

aan ons lywe, ooh

aan ons lywe, ooh

 

ooh, ooh

 

3.          Vêr

 

as dit donker om my word

as my voete wegsak 

in die swart klei grond

as die skare almal skree

maar niemand my ken nie

niemand my gewig

of die krake onder my gesig kan sien nie

 

dan gaan ek vêr 

vêr agter in my hart, jy's vêr

ek en jy is klein, klein en verward

maar niks kan deur die skuiling 

van die liefde breek nie

 

as my brein in duie stort

en betekenis wegraak

met jou spore op die grond

as net jou woorde in my is

in my ribbes weergalm

en niks my stil of kalm

geen droom of drank of dwelm in my werk nie

 

dan gaan ek vêr, vêr

agter in my hart, jy's vêr

ek en jy is klein, klein en verward

maar niks kan deur die skuiling 

van die liefde breek nie

 

die tafel is klein

die kolletjie son skyn op my limonade

die strate verdwyn

aan die eindhoeke van my hart

vasgehou in die arms van die nag

kom, laat ons dra aan mekaar se pyn

laat ons lag, of huil 

of huil en lag

die kraaie omsingel

die honde staan op

maar ek het die dood klaar betaal

 

vêr

agter in my hart, jy's vêr

ek en jy is klein, klein en verward

maar niks kan deur die skuiling 

van die liefde breek nie


4.          Folio

 

ons teken 'n huis op folio

my liefling, hoor jy hoe die mure om jou draai?

nou dat ons saam en gelukkig is

sien ek ook ons het toe die nag verraai

 

moenie daarna kyk nie

ons fok voort

ons sal wees waar ons hoort

en al daai wonde

al daai swaar herinneringe

word laglyne

 

ons jag die son met skietgebede

my liefling, sien jy hoe die Here om ons reën?

nou dat ons saam deur die ergste is

hou ek 'n beeld van jou in sout en seer

 

moenie daarna kyk nie

ons fok voort

ons sal wees waar ons hoort

en al daai wonde

al daai swaar herinneringe

word laglyne

 

sal die vlam nog aanhou brand?

Ek’s fucked-up maar ek brand met jou 

 

wat ons mekaar belowe het

daai gif is sterker as die angel van die dood

ons kan niks met ons saamdra nie

maar ons bloei na mekaar, verlange in die stroom

 

moenie daarna kyk nie

ons fok voort

ons sal wees waar ons hoort

en al daai wonde

al jou swaar herinneringe

word laglyne op jou wange

 

5.          Erica Way (ft. Jodi Jantjies)

 

sê my is jy okay?

jou wêreld vergaan om my

ek wonder, is jy okay?

ek kon jou voel langs my

 

jou ma-hulle sê jy't 'n werk gekry

vêr oor die see, vêr van my

 

ek't my toekoms aan jou belowe

en als wat daarna kom

sê my, is jy gelowig?

 

ek't my toekoms aan jou belowe

en als wat daarna kom

sê my, is jy gelowig?

 

Erica Way, Erica

Erica Way

Erica, vêr weg van my

 

sê my is jy ook verslaan?

as ons nog kon raak sou ons weer opstaan

ek dink ek ken nog die pad

tot by jou huis en waar my draaie opraak

jy't gesê ek moet liewer ry

maar iets van jou het ingeklim en is nog by my

 

ek't my toekoms aan jou belowe

en als wat daarna kom

sê my, is jy gelowig?

 

ek't my toekoms aan jou belowe

en als wat daarna kom

sê my, is jy gelowig?

 

Erica Way, Erica

Erica Way

Erica, vêr weg van my

 

Original Song by Danie Du Toit and Jodi Jantjies.

Lyrics by Danie Du Toit & Jodi Jantjies.

Music Written & Arranged by Spoegwolf.

© Spoegwolf (PTY) LTD, 2022.



6.          Gloed

 

ons het met Ackermans se All Stars 

die wintergras gaan loop

ek het my ma se jeans gedra

myne was te groot

ons het laat op die bergpad

die dorp se lig gaan vang

ons harte was soos nette

ek sleep dit nou al lank met my saam

ek swaai dit bo my kop

jy vra nie dat ek stop nie

jy maak dit maklik

jy glo ek is goed

na die bloei kom die gloed

 

nou's ons "een, twee, drie ek blok myself"

ons droom van 'n gesin

ek het 'n boom vir jou geplant

'n akker in die wind

dalk sal ons kinders hul ligte 

hoog in dit kan hang, o

jy roep ons almal binne

daar's sterre op my wange geverf

daar's blare op my kop

jy vra nie dat ons stop nie

 

jy maak dit joune

al die goed en die sleg

jy maak my joune

al is almal al vroeg hier weg

 

ons gaan oud word en doof word

en al ons haat verleer

hand aan hand, soos 'n liggiestring

sterker as die seer

 

is jy nog sterker as die seer?

 

jy maak dit joune

al die goed en die sleg

jy maak my joune

al is almal al vroeg hier weg

jy maak dit joune

al die goed en die sleg

jy maak my joune

al is almal al vroeg hier weg

 

7.          Rigting

 

die wêreld begin 

in die oë van 'n kind

weet jy ek het jou

my lewe lank gedroom?

as ek oud word

sal jy jou kuns vir my kom wys?

 

die vyand is oorwin

of vêr weggesluit

weet jy ek het jou

in die donker uitgeroep?

as ek oud word

sal jy jou kinders my kom wys?

 

ons is net uitgelewerde vlinders

in die wind, in die wind

hoe bring, nee, wapper jy nou rigting

in my terug, in my rug

 

is nou my tweede kans?

is dit êrens so besluit?

weet jy ek sou jou

by die Here terug gaan vat?

en tot my oudag

die prys vir jou betaal

 

ons is net uitgelewerde vlinders

in die wind, in die wind

hoe bring, nee, wapper jy nou rigting

in my terug, in my rug

 

8.          Nuwe Reën

 

… ag fok

 

dis in die oggendblou 

op die ou Kaapse Weg

ons het vêr gaan ry

en jy wou bly by my

ons het whiskey gedrink

in jou klein kombuis

ek het vuur gemaak en

als het geruik na die nuwe reën

o, Here, is sy nou 

uiteindelik die een?

 

jou jare is ligte

sit soos silwer in jou hare

my jare word ligte

is gewigloos in jou hande

 

hou al jou laaste dae vir my

ek bring iets vir die son

iets vir die pyn

hou al jou laaste dae vir my

ek bring iets vir die son

iets vir die pyn

 

in die laatmiddaglig

na 'n lang, harde reën

jy't jou hand gegee en

ons was stukkend, maar een

ons het heel aand gedans

om 'n belofte te maak

ek het iets gesien en

als het gelyk na die nuwe plan

o, Here, het U nou

uiteindelik 'n man uit my gemaak?

 

en jou jare is ligte

sit soos silwer in jou hare

my jare word ligte

gewigloos in jou hande, oh

 

hou al jou laaste dae vir my

ek bring iets vir die son

iets vir die pyn

hou al jou laaste dae vir my

ek bring iets vir die son

iets vir die pyn

 

9.          Stadig

 

waarheen gaan ons op die trappe?

sal ek ooit weer stadig voel?

onthou jy die brûe en beloftes?

onthou jy die veld?

jy weet wat ek bedoel

jy hou dit aan die brand

 

ek sien jou, ooh 

in die slegte weer

ek voel jou, ooh

ek het deur al hierdie tyd

jou as my Noord gebruik

 

onthou jy daai man in ons woonbuurt?

met 'n  vensterraam na die hemelruim

hy het daardeur, met 'n rugsak

weer gaan soek

hy't na sy dood gespring

hy val dalk nou nogsteeds

 

ek sien jou, ooh 

in die slegte weer

ek voel jou, ooh

ek het deur al hierdie tyd

jou as my Noord gebruik

 

ek sien jou in die slegte weer

     (ek het deur al hierdie tyd)

            (jy weet wat ek bedoel)

ek voel jou

     (jou as my Noord gebruik)

              (jy hou dit aan die brand)

ek sien jou in die slegte weer

     (ek het deur al hierdie tyd)

            (jy weet wat ek bedoel)

ek voel jou

 

ek het deur al hierdie tyd

jou as my Noord gebruik

 

ek sien jou in die slegte weer

     (ek het deur al hierdie tyd)

            (jy weet wat ek bedoel)

ek voel jou

     (jou as my Noord gebruik)

              (jy hou dit aan die brand)

ek sien jou in die slegte weer

     (ek het deur al hierdie tyd)

            (jy weet wat ek bedoel)

ek voel jou

 

ek het deur al hierdie tyd

jou as my Noord gebruik

 

10.        Wyse Manne

Die somer het gaan staan 

en soos die straatlig gaan dobber op die water

ek het jou gedroom 

en wakker geword in ons lewe

 

die Here 

sit nou nog 

en flikker 

in jou hare 

 

ons was al ouer toe ons mekaar 

leer ken het op die water

jy het jou lyf gehou asof jy bang was 

 

ek moet

partykeer nog

my oë 

toe knyp 

 

daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly 

ek hoop jy weet

jy is die heelal vir my 

 

die winter het gebreek 

maar soos 'n waterballon bo-oor my skuld

het ek jou vertel

hoe groot my aandeel was?

my deel in

die aanval 

wat ek nie kan vergewe nie  

 

dis moeilik om te glo 

dat ons die nagmerrie uiteindelik ontduik

 

ek het jou gehoor toe ek wild en wreed gedraai het

word wakker

jy's veilig 

die son 

weer uit

 

daar sê die wyse manne sal die heelal oneindig bly 

ek hoop jy weet

jy is die heelal vir my