Groen

Lyrics en songwriting by Danie Du Toit

Music by Spoegwolf

1. Droom

sê dit nou

ek sal ’n kar kan reël

ek sal kom vir jou

in my denimbaadjie

ek sal jou nooit verraai nie

wie hier voor my was

het seker okay gepas

maar niemand kan droom soos ek nie

2. Verander

sy bly met haar honde

op ’n blommeplaas

sy stap soms vol wonder

deur akkerbome

sy vloek in Afrikaans

sy slaan jou op jou arm

na die eerste dans

sy woed soos ’n storm

maar in haar groen sien jy

binne is dit stil

sy laat jou in

sy lê op jou bors en sê hey,

jy’t iets om te sing

maar wat van hierdie ding wat ek geword het?

nee, dis net ’n begin

wat het verander?

jy sê ons is mens

maar ek voel anders

ek het al my kaarte gespeel

mik vir my bors

mik vir my

sy skraap eers jou kole

soos liggies bymekaar

en jy skyn teen haar sterre op

soos Kaapstad in die nag

maar dis goed genoeg

sy sê jy’s goed genoeg vir haar

jy voel jy ken dit klaar

jy ken iets van haar in die donker

en jy weet

jy weet dis vlees en bloed, maar

iets in haar oë is ’n ander groen

die akkerbomegroen

sy laat my in

sy lê op my bors en sê hey,

jy’t iets om te sing

maar wat van hierdie ding wat ek geword het?

nee, dis net ’n begin

3. Bellevlei

jy’s my vakansie sonder see

in die skadu, my laatoggendtee

om jou vir die ewige lewe te ruil

lief, is die antwoord nee?

om jou so in jou huis te sien

is om die toekoms te voel

is om die Here te dien

jy hang jou klere soos ou stories op

al jou honde kom kyk

vertel my dit was klein

was dit klein?

as ek so naby aan jou staan kan ek dit voel

jou lank terug, jou nou en jou eendag

in ’n piksoen terwyl jy dit wegpak

Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe?

ek weet ek’s nou nader aan my rus

wat my die seerste maak word krag

ek hoor die sterkste hart is sagter

en braaf genoeg om te breek

ek hardloop deur hierdie miltsteek met ’n naam

was dit klein?

as jy so naby aan my staan kan ek dit voel

my lank terug, soos klere, is pikswart

ek glimlag maar as ons wegpak

4. Seldery

jy dans in die stort

jy moer al die insekte dood

en sê ek kan dit nie skryf nie

ek’s nie die een wat dit skryf nie

jy dra my hemde heeldag

en swem op die plaas

ek mag nie kyk nie

ek’s nie die een wat kyk nie

en nou

as jy sing en sny

die Here soen ons

in suurlemoen en seldery

ek maak my hemp weer heel

met garing van goud

geknip uit jou hare

ryg deur my jare en foute

is daar ‘n doel met ons

of is ons maar net met mekaar?

jy sê ek kan nie vra nie

ek’s nie die een wat vra nie

5. Op

jy sê ek moet jou toelaat

om my lief te hê

maak dit wat seer is

weer iets om te sê

wat die wêreld verander

vir dié wat stukkend is

jy maak my wakker

met ’n bries van ’n soen

jy hou my wange

asof jy iets kan doen

met die fokop van my brein

gee jou lyf ook prys

jy help my op

by die bed uit

help my by die ruit uit

ek was ’n ninja

in my pa-hulle se tuin

Lucky het my rondgejaag

ek’t jou gekry

toe ek hoog in ons boom

na die maan toe was

strale van silver

onthou ek jou wat in my bulder

maar aanmekaar hou

ja, jou vorm het verander

maar wat jy is kan nooit

6. Praat

ek wil met jou praat

ek weet nie waaroor nie

die wêreld spin soos ’n kind wat dans met haar pa

ek het gedink dat ons teen dié tyd al ons rus sou vind

maar dit draai verby

dit waai deur my

en jou gees is my gees

en jou wond is my wond

en jou las is my las

ek probeer om in goeie goed te glo

al kry ek seer is iets heilig in ons oor

jy glo dit nie, maar ek hou van jou ook só

ek probeer om in goeie goed te glo

ek wou jou dophou

die wyn maak jou ore rooi

jy daag als uit

jy’t jou laaste hart soos ’n klip gegooi

en waar dit sink sal ons soos kinders in die stroom gaan soek

en weer lag

maar waar lag

7. Denim

ek’t ’n braai ge-stage vir Maandagaand

sy sê sy sal my laat weet

hey, Melissa, is jy alleen?

ek wou altyd stad toe trek

maar ek dink daai plek is leeg

dalk is ek ook die probleem

sê dit nou

ek sal ’n kar kan reël

ek sal kom vir jou

in my denimbaadjie

ek sal jou nooit verraai nie

wie hier voor my was

het seker okay gepas

maar niemand kan droom soos ek nie

ek het al my geld op ’n plan ge-bet

en meer as dit verloor

maar ek voel ryker nou as ooit

want die pad van goud

met die son op die see

is myne tot vanaand

as jy jou arms vir my gee

en jy dink dit ook

ek en my vriende gaan ’n lewe bou

met ons denimbaadjies

ek sal jou nooit verraai nie

wie hier voor my was

het seker okay gepas

maar niemand kan droom soos ek nie

8. Groen

groen

ek soek dit groen

groen is my woorde

en groen my dood ook

Lyrics en songwriting by Danie Du Toit

Music by Spoegwolf

Spoegwolf is:

Danie Du Toit

Moskou Du Toit

Hiram Koopman

Albert van der Merwe

Chris von Wielligh

Produced by Spoegwolf & Jurgen von Wechmar

Recorded at Die Wolfhuis & Sunset Recording Studio

© Spoegwolf (Pty) Ltd 2021