SEE

Songs en lirieke deur Danie du Toit

Musiek deur Spoegwolf

Kletsrym deur Albert van der Merwe

 

  1. DIe Veld

ek sal jou weer 

eendag hier ontmoet 

kom haal uit die dood

en hel toe as ek moet.

ek moet? 

ek moet.

 

dan stap ons deur jou dorp;

jy wys my die veld

waar ‘n stuk van jou hart

aan die vyebome hang,

ek’s bang,

ek’s bang.

 

onthou die see

onthou ek het jou

my diepste gegee,

 

ja ek voel jou met pyn,

ek voel jou in my

ek het alles probeer



2. As Ek Fucked Is

 

hey, 

ek wil doodgaan by jou.

sommer nou,

jou hare is so bruin soos iets 

wat ek onthou

 

ons het in die bosveld getrou;

jy was blou,

jou jeanbaadjie oud en vol stof

en my gedig klein opgevou

 

ons is daar deur my ding

en ons het oorbegin

 

ek dink aan jou as ek fucked is

ek wou iets sê wat sag is

 

hey, ek wil opstyg by jou; 

ons kan vasklou, 

jou romp soos ons vlerke ophou

en my gewig, 

die wolkbreuk intou

 

ons was te jonk om te trou

jy’s nou ouer,

maar ek word net kleiner met tyd - 

ons stap mekaar huistoe,

dans mekaar uit

 

ons is daar deur my ding

en ons het oorbegin

 

ek dink aan jou as ek fucked is

ek wou iets sê wat sag is

 

 

 

3. Seile

 

ek sukkel nog 

’n bietjie met die reën, nee

moet ek als dan onthou?

jou hare in die wind

die wonde op my lyf is seile

 

ons het weer in die winter ontmoet

jou trui was oor jou neus getrek

jou oë was oud

 

ek het jou na my kamer gevat

jy’t gebewe soos ‘n duif uit die reën

ek dink jy’t gevra:

 

kyk na my wonde

vir een sekonde

 

ek sukkel nog ‘n bietjie met myself

hel, het ek jou dan verraai, wel

blaai terug waar ek moes bly

dink jy ek kon bly?

 

ek het jou in die winter verloor

jou knieë was teen jou bors gedruk

begin mens van voor?

 

ons moes diep in die nag na die see gaan

die voet van die briek

by die duine op

die maanligbaan

 

kyk na ons wonde

vir een sekonde

 

dis ons seile

 

4. Ohana Café

 

hey, Marguerite

ons het so baie

om teen mekaar te hou

 

ek lê my neer

dalk as ek stil is

sal ek die man wat ek was

onthou

 

en die donker uitskiet

met hierdie songs, my lief

vergeet my nie

 

met my broers op die gras,

net nog ‘n dorp

o hel

dit voel of jy hier was

 

na die see

hoe’t jy so klein geword?

jy sit dwars in die stort

met jou knieë teen jou bors

 

ek was bang op die veld,

kaalvoet in die dou

elf en ‘n half jaar oud

ek kan jou onthou

as die wind in my rugby trui

as die kind op die wolkgety

 

deur die donker gegiet

hier is jou reën, my lief

vergeet my nie

daar’s ‘n kind op die gras

speel met haar hond 

o hel

dit voel of iets hier was

 

na die see

hoe’t jy so klein geword?

jy sit dwars in die stort

met jou knieë teen jou bors


ek kry toe weer vir André

dié keer by Ohana Café

as kind wou ek soos hierdie mense wees

wat in mooi truie 

na die groot vryheid beduie het oor die water

want oor die wêreld geskater is jou familie

(het God ons, die sterre, soos mercury oor die heelal geskiet?)

jy’s hier om elkeen in jou gesin te vind

‘The house always wins,’ sê André

maybe, but if we’re brave and we’re kind

is daar dalk ’n uitkomkans

as ons net so aanhou grind

Ohana, sê hulle mos in Lilo and Stich

means family, and family means nobody 

gets left behind


 

 

5. Gordyne

 

die gordyne lig

sy’t vroeër wakker geword

ek’t gesoek vir ‘n teken

man-down

ek’s bewond

dink jy dis selfsugtig om te vra

dat almal fokof hier?

ek wil oorbegin

 

hier by jou begin

sukkel om huur by te bring

regop staan vir my beloftes

ons gaan iets word met hierdie songs, my ding

 

is dit selfsugtig om te vra?

kan jy my toevlug wees?

kan jy kom lê in die donker tuin

as die wereld helder is?

 

dis ‘n sondag-aand 

God reën by die badvenster in

sy drink lou-warm milo,

word donker - 

‘dis net die wind’

dink jy dis selfsugtig om te vra

dat ons seer sal hou?

ek soek die ware jou

 

 

6. Om Beter Te Voel 

 

Liefie ek gaan see toe, 

jy weet hoe

die water my laat voel

 

jy’s reg, ek gee toe

die swael-proe

my moed is weggespoel

 

ek gaan seker nog ‘n hou kry

onthou jy 

wat die jeug in jou oë kon koop?

dis nou gevaarlik 

en swaarder

as jy my vra

 

kan ek jou weer

eendag hier ontmoet?

kom haal uit die dood

en hel toe as ek moet

ek moet,

ek moet

 

om jou te sien

ek reën aan die binnekant

ek het als probeer om beter te voel

ek reën aan die binnekant

ek het als probeer

 

so Liefie, ek gaan see toe 

jy weet hoe klein dit my laat voel

jy’s reg ek, gee toe

dis verkeerd hoe 

ons deur mekaar wil spoel

jy gaan seker nog ‘n man kry

en vas bly,

die jeug in jou oë verkoop

vir iets gevaarlik 

en swaarder,

as jy my vra

 

dan sal ek jou weer

eendag hier ontmoet,

kom haal uit die dood 

en hel toe as ek moet,

ek moet,

ek moet.

 

7. Planete

 

jy’s op die vloer

op ‘n matras en loer

jy’t die see gebring

en dit omring jou in wit lakens

 

ek weet nie van planete nie

ek weet nie hoe ons wentel nie,

maar dis om en om en om en om -

om mekaar

deesdae is ek swaarder aan jou

 

as ek oor jou sing

die ruimte in

is daar echos in die nag

dis duidelik, maar sag

iets het jou teruggebring

 

ek weet nie van planete nie

ek weet nie hoe ons wentel nie,

maar dis om en om en om en om -

om mekaar

deesdae is ek swaarder aan jou

 

 


8. Kerkstraat

 

ons hande raak in Kerkstraat

op die trap van die galery

ek’s lief vir jou vir ‘n honderd jaar

dis ver van verby

 

daar’s ‘n hond op die pad, Lief,

doodgery

ek wou jou sê daarvan

dalk iets maak daarvan,

 

maar jy’s verlangs my

 

herinnering is helder

daar’s min om aan te hou

ek soek jou hier oor ‘n honderd jaar,

soos in nou

 

is jou wond soos ‘n miltsteek

as ek see-toe ry

ek moes jou sê daarvan,

iets maak daarvan,

 

maar jy’s verlangs my

 

onder die boom en die besies

die skaduwee-gety

was ek lief vir jou vir ‘n honderd jaar

en jy vir my

 

jy weet ek’s nie bang nie

ek staan vir jou

as die dood in die wind galop

is jy daarop,

altyd ver

 

[Hartsnaar]

 

skerp herinneringe knip nog ‘n hartsnaar

kinders sonder sinne

om die vinger van die wind, soos ‘n herfsblaar

kringe in my binne spin te vinnig

en ek sukkel met beginne, sulke

rondomtalie-dinge maak my hart naar

 

kouekoffiebitter proe die lippe van die Boland

binnekring buite beheer

die verwyt en die seer

maagsuur wat probeer

om die liefde en lig tussen ons te verteer

spoel die stukke nou rivieraf

 

jy weet ek’s nie bang nie

ek staan vir jou

as die dood in die wind galop

is jy daarop,

altyd ver langs

altyd ver langs

 

 

9. Daar's Net Een Man

 

wat het van my geword?

kan jy kom inmeng?

my oë bibber ook

is die deernis weggekook?

stoom en rook

ek mis jou ook

 

het jy die foto’s gesien?

almal het kom luister

dit voel of hul jou stook

wel uit my kom jou spook

stoom en rook

ek mis jou ook

 

onthou jy Muizenberg? Ek kan

ons broers wag met die kamera op die strand

ek sit by jou bene

soek jou hand

 

jy kan al jou vriende vertel:

daar’s net een man

daar’s ‘n someone

en ek’s daai eendag vir jou

 

hoe’t dit so seer geword?

kan jy kom inmeng?

senings word donderweer

jou karlig op die teer

gedink jy’s terug

ek mis jou meer

 

het jy die foto’s gesien?

almal vra waar jy is

die waarheid in my gloei

my woorde oor jou bloei in lenteweer

ek mis jou meer

 

onthou jy Muizenberg? Ek kan

ons broers wag met die kamera op die strand

ek sit by jou bene

soek jou hand

 

jy kan al jou vriende vertel:

daar’s net een man

daar’s ‘n someone

en ek’s daai eendag vir jou

 

 

10. Sielkunde 

(Deur Albert van der Merwe)

dis Vuurwolf

ek wil eers begin

en net sê dis eer om weer

hier aan die beurt te spring

ek is opsoek na die meneer wat is geleerd en slim

om in te tree en op te clear wat hier gebeur, te min

van hierdie ander manne weet hul moet ’n beker bring

om te kom drink aan die reënwater met die weerlig in -

die verkeerde ding maak seer

en dit leer jou min

is daar ’n beter manier om na die lewe deur te dring?


 

11. Ek wil ‘n Huis Wees

 

opsoek na die lig

dit was lank terug

ek is jammer,

maar daar’s goed om te doen

ek het iemand wat gelukkig kan wees

ek wil die man word wat sy dink ek is

 

ek wil ‘n huis wees

ek wil ‘n huis wees

 

ons hou nie die blink kant bo nie,

ons hou die binnekant blink

 

waar ek staan

sal daar skaduwee wees

hey nou, my wind

hey, nou my darling

iet’s voel na jou

 

besteel van die lig

en ons wankel

die ergste is dat ons dit oorleef

jy was iemand wat gelukkig wou wees

ek wil die man word wat jy sê ek is

 

ek wil ‘n huis wees

ek wil ‘n huis wees

 

ons hou nie die blink kant bo nie,

ons hou die binnekant blink

 

waar ek staan

sal daar skaduwee wees

hey nou, my wind

hey, nou my darling

iet’s voel na jou

 

12. Ek Sien Jou Met My Oeë Toe 

 

as ek die trip kan betaal

gaan ons drie maande toer

die doderyk hier loer vir my, wel

ek weet wat ek voel

ek weet wat ek voel vir jou

 

as ek die skip moet gaan haal

sal ek drie-maal dit doen

die mense hier is moeg vir my, wel

wag tot jy sien

sien wat ek kan doen

 

ek dink nie ek kan jou verloor nie

ek weet jy dink ek hoor nie, maar ek

sien jou met my oë toe

 

soms as jy in my arms is

word ons warmer as kole

hoe spoeg die vuur

vonke wat sterre word

sterre sal nog mense word in klei

ons was toegedraai 

om hier te bly

 

ek dink nie ek kan jou verloor nie

ek weet jy dink ek hoor nie, maar ek

sien jou met my oë toe

 

as ek ooit

ooit vergeet hoe lief ons was

trek jou spierwit tekkies aan

dra jou ring en kry ons tas

 

13. Lenie Blou II

 

hey, my Lenie Blou

ek wonder of jy hierdie man onthou

ek sien jou in die blare

ek sien jou in die vou van my Bybel,

maar jy was my Bybel

 

kan jy dit voel?

ek is vyftien meter weg

ek weet jy’t dit bedoel

ek is vyftien meter en ‘n leeftyd weg

 

sy sit haar lamp af

sy verdwyn

gaan jy so wag tot jou oudag?

ek ry verby

net soms, in die laatnag

en ek baklei 

al my duiwels, elke Vrydag

vir hierdie mense

 

die winter valke maak nog nes

in my huis, in die balke

elke keer as ek iets sien in die lug

hoop ek dis jy

uit ‘n leeftyd terug

 

kan jy dit voel?

ek is vyftien meter weg

ek weet jy’t dit bedoel

ek is vyftien meter en ‘n leeftyd weg

 

hallo, my mantel

hallo my rivier

als het nou jonk geword

want jy’s nou hier


14. Blink

 

Here, maak my brave and kind and true

Albert speel Blink 182

al die perske-wolke word vanoggend langs hul lovers wakker

teen ’n ligteblou laken

die wind waai die eerste warm 

sy sal weer so waai as my kinders my onthou

vir my aftershave

as ek agter ’n sweet hearted wese aan

die donker ingaan

Here, vul ons spore met goud en goeie kruie

dat ons die paadjie terug uit die hemel

kan volg na die hier en die nou

al is ek nie brave nie

maar kind and true

al is die laken dan donkerblou 

die wolke gesmeerde konfyt

’n regte man verruil die ewige lewe 

for one ordinary morning 

with the one I love met hande vol verf 

in dappled groen en geel

ek wil kyk hoe sy deur die blare kyk

as kinders speel

ek hoor kitare, ’n klavier en Mamy Blue

ek dink ek hoor Blink 182