S I L W E R

Lyrics & Songs by Danie Du Toit

Music by Spoegwolf

“Lenie Lenie” by David Kramer 

with Additional Lyrics by Danie Du Toit & Albert Van Der Merwe

“Die Hemel se Splinters” by Albert Van Der Merwe


1. Velde van Verf

met velde van verf

slaan jy jou hande soos branders

teen my berge

waar jy gaan 

gaan ek ook 

 

2. Onbreekbaar

 

ek het al draaie gevat tot hier

het jy nie ook nie?

ek wens ek kon sê ek was nooit verlief nie

jy sou my glo nie 


wat hulle sê van vonke en vlinders

vir my is dit anders

 

jy's my vuur

jy slaan jou vlamme soos branders 

teen my mure

waar jy brand

brand ek ook 

 

ons planne kan inval 

inval, ons is onbreekbaar

ons is deel van mekaar

dit kan inval

inval, ons is onbreekbaar

ons is deel van mekaar

 

ek moet nog leer hoe om saam te vloei

moet het jy nie ook nie 

is daar 'n plek waar ons mag ophou hardloop

en nie so bloei nie

 

wat hulle sê van vonke en vlinders

vir my is dit anders 

 

jy’s my vuur

(jy is my vuur)

jy slaan vlamme soos branders 

(jy slaan jou vlamme)

teen my mure

(teen my mure)

waar jy brand

(waar jy brand)

brand ek ook

 

ons planne kan inval 

inval, ons is onbreekbaar

ons is deel van mekaar

dit kan inval

inval, ons is onbreekbaar

ons is deel van mekaar 


 

Kylemore

 

hey, Melissa

ons gaan ouer word

langer as die bome 

dieper as die grond

ek het jou 

kom haal by jou pa 

in Kylemore

 

hey, Melissa 

as dit kouer word

kan ons deel aan mekaar 

voor jy deel van die grond word

sal ek jou dra na jou pa 

in Kylemore 

 

dit is nie jou laaste Herfs nie 

ek weet jy't seer 

maar dit lyk nie te erg nie 

 

waar die winde roer 

sal ek als aan jou verduidelik 

soms is dit geluide 

soms kan jy dit voel 

 

die bome gooi goud en brons

ek verlang na my moed 

voor ek 'n man geword het 

sal jy rus as jy jou man van God het? 

 

hey, Melissa 

ek is agt-en-twintig 

deur al daai winters, maar nog meer somers

dit stort vonke en trane 

op Kylemore

 

jy’s nog jonk genoeg vir oorbegin 

jy's nog sterk genoeg


(daar waar die winde roer 

sal ek als aan jou verduidelik 

soms kan jy dit voel

en soms is dit geluide)


waar die winde roer 

sal ek als aan jou verduidelik 

soms is dit geluide 

soms kan jy dit voel  


na al die jaag na al die jaag 

stap ons saam ons saam langs die strome 

God was hier teenwoordig 

aan jou kom ek hom voel

 

na al die soek sien ek iets in jou lyne 

jy's nog altyd myne 

tot die dood ons beide roep

 


Silwer

 

ek het ons hond het uit die reën ingebring 

jy's vas aan die slaap

my wonde sing 

 

ons het dit maklik laat lyk 

maar jou boots is vol modder 

my hande vol bloed

 

en al daai dônners kan wag 

ek het ons ride uitgesort 

ek het die bekers gepak 

ons gaan ry die langpad om 

 

en die hemel is silwer

jy's storm van goud 

die bome’s geraamtes

ek sal oud word by jou 

 

en die hemel silwer

jou hare is goud

ons ry deur geraamtes 

ek wil oud word by jou

 

ek is deur monsters gejaag as 'n kind

maar ek het omgedraai 

ek het my vuiste gebal


laat my nou opstaan soos 'n man vir jou 

al is daar wild en pyn

vlak in my oë

 

my verlede kan wag

ek pak my hart by jou in 

met ons hond op die bak 

kan ons ry, die lang pad om 

 

en die hemel is silwer

jy's storm van goud 

die bome is geraamtes

ek sal oud word by jou 

 

en die hemel silwer

jou hare is goud

ons ry deur geraamtes 

ek wil oud word by jou

 

Lenie Lenie (ft. David Kramer)*

 

Lenie, Lenie, jou liefde

trek my nes ’n tou

kom nou, Lenie 

ek wil jou vashou 

 

jou kuiltjies en jou houding 

is so reg na my sin 

kom nou, Lenie

ek wil jou bemin 

 

daar is drie kêlkies wyne 

dan sê hy jy is syne

daar’s soet wyn en daar’s suur wyn, Lenie 

ag, proe tog aan myne

o, proe tog aan myne 

 

Lenie, Lenie, hier sit ek nou 

my kop so tussen my knieë 

Lenie, Lenie, net jy kan my trane wegvee

 

Lenie, Lenie, my lewe 

is vir jou gegee 

opgerol in ’n botteltjie 

en gegooi in die see

 

daar is drie kêlkies wyne 

dan sê hy jy is syne

daar’s soet wyn en daar’s suur wyn, Lenie 

proe tog aan myne

proe tog aan myne 

 

Lenie, my hart is aan jou vasgeknoop

ek weet ek sal ook, as jy wegstap

agterna moet loop

Lenie, jou oë is soos die sterre

en jou stem soos stroop

kom, gee my net ’n halwe kans om jou weer terug te koop

ek weet jy sê jy’s vir ’n ander

maar ek glo daar’s hoop 

hier by die water sal ons eendag nog ons kind kom doop  

so kom nou, Lenie, glo in liefde

maak jou hart weer oop

kom nou, Lenie, maak jou hart weer oop


drie kêlkies wyne 

dan sê hy jy is syne

daar’s soet wyn en daar’s suur wyn, Lenie 

ag, proe tog aan myne 

o, proe tog aan myne

  

 

Kolke (Bradshaw) 

 

onder ons horison van saffier

kom my skip, kom my dag

met die son, soos 'n vuur

jy's op die brug gevind of gestuur

 

jy't jou ouma gebel

sy sê dis net so koud 

sy't jou van sterkstaan vertel 

as jy gaan lê, lê soos 'n berg

teen die houe

 

en weet jy jou lig

weerkaats oor my my meer 

ek sal jou wense 

oor die skemer van my hart 

in pienk en bloue smeer 

 

o breë swaard 

breë hart 

jy't my kom haal in die nag 

kom dra my van

my kolke

 

ek is lank, maar gebreek

sterk in al die verkeerde plekke

verraai en gelees

hey, vir jou staan ek regop stil

 

weet jy jou lig

weerkaats 

oor my my meer 

ek sal jou wense oor

die skemer van my hart 

in pink en bloue smeer

 

o breë swaard 

breë hart 

jy't my kom haal in die nag 

kom dra my van

my kolke


Die Hemel Se Splinters**


en ek weet daar's ’n plek vir ons twee in die winter

iewers hier tussen die hemel se splinters

Kom, gooi nog ’n houtjie, die reën teen die ruite

beskerm ons teen al die monsters daarbuite


en ek weet ons is veilig hier tussen ons diere

en ek voel daar is liefde hier tussen ons mure

en ek hoor nog die wind in die middernag-ure

ons kaggel is warm, ons harte vol vure

 

Huisie in die Reën

 

en ek glo nog dat Engele ons besoek

as berge of of stroke son

jy wip jou hare as jy dans 

dalk is die Heer in die ritme

 

gisteraand loop ons in

loop ons op

loop ons oor

in ’n dorp vol kolle water 

drink ons wyn

en jy huil jy namens my

namens ons

namens God

en in die hel van soek het jy

toe daai huisie in die reën gekry

 

en ek glo nog dat Engele ons besoek

as berge of stroke son

jy wip jou hare as jy dans 

dalk is die Heer in die ritme

vermom 

 

buite word alles gebrand en gebreek 

maar ek en jy is klaar daardeur 

het jy die hand gevoel?

 

dit gaan okay wees, belowe

dis deel van die plan 

in al die hel van soek het ons

toe daai oomblik in die reën gekry

 

en ek glo nog dat Engele ons besoek

as berge of stroke son

jy wip jou hare as jy dans 

dalk is die Heer in die ritme

vermom 

 

ek sien jou 

soms in ander se huil 

ek hou jou in al my verandering 

ons stad op die berg 

dring deur die wolke 

 

Goud 

 

ek het jou ontmoet as die rivier

jy was goud in die eike

ek was maar 'n kind, uitgestuur

met die wind in my ruiker

ek dink al lank aan die woorde

ek wens jy was hier

ek het jou ontmoet as die rivier 

lig en goud in die eike







Lyrics & Songs by Danie Du Toit

Music by Spoegwolf


*

“Lenie Lenie” by David Kramer 

with Additional Lyrics by Danie Du Toit & Albert Van Der Merwe

**

“Die Hemel se Splinters” by Albert Van Der Merwe


Spoegwolf is:


Danie Du Toit

Moskou Du Toit

Hiram Koopman

Albert van der Merwe

Chris von Wielligh


Produced by Spoegwolf & Jurgen von Wechmar

Recorded at Die Wolfhuis & Sunset Recording Studio

© Spoegwolf (Pty) Ltd 2021