Swaartekrag

Songs en lirieke deur Danie du Toit

Musiek deur Spoegwolf

Kletsrym deur Albert van der Merwe

1. Inleiding

hey, staan stil vir een sekonde

mamma, kyk na my wonde

dis nie wonde nie, my kind

jy mag dalk net so dink

maar baie meer het al baie meer verloor

as ek haar meer kon mis het ek gedisintegreer

2. Wals 

Kathryn, wil jy wals

my hart het al hel toe gegaan

en my vriende’s die waters in

om die stukkies op planke te haal

jy maak my een sekonde oud

die grasse is al lank

die band wat hier êrens wegkruip

speel van Jesus en hardehout

tussendeur stukkies van jou

jy maak my een sekonde oud

maar staan my digter by

hoe alleen wil jy eintlik wees?

maak jou hande vas aan my

want, ai, 

jy is die gryp wat my nog stadig kry

nee, ek weet nie waarheen my bloedklonte loop nie

maar jy’t êrens hier in my kom sit

3. Loerie

 

daar is ’n loerie in die boom

en ’n meisie in die stroom

ja, die middag het haar blond gemaak

daar is ’n bottel in my hand en ’n bier in my hart

ja, die middag het my swaar gemaak

kan ek jou kom sien?

ek dink ek ly my lewe lank aan swaartekrag

daar is ’n dier in jou kyk wat ’n skaduwee kan eet

en die ruite van my skedel steel

so bleik jou lig my brein

met jou lyfie ge-stain

watermerke in my keel

kan ek jou kom sien?

ek dink ek ly my lewe lank aan swaartekrag

ek gaan jou kom sien

ek weet jy ly ook jou lewe lank aan swaart

daar is ’n spook in die poel

wat by die stroom af spoel

ek word die monster van die see

ek gooi my boot op die rots

in my haat en my trots

waterdeinings van jou hartseer


kan maar vir my kom sien

verdrink en ly ons lewens lank aan swaartekrag

liewe here, sien

ons almal ly ons lewens lank aan swaartekrag


liewe here, sien

ons almal ly ons lewens lank aan swaartekrag

4. Somerset-Wes 

hulle sê die son gaan skyn daar op Somerset-Wes

vat my net

lief, hoor jy hoe die honde blaf in die dood van die nag

die dood van die nag

wel, ek weet jy wonder wat jou pa gaan sê

glo my net

vir jou skryf ek jou naam op die bors van die Here God

die Here God

ek het gisteraand weer gewonder of ek vir jou maar kan bel

ek het jou nommer in jou kop en in my mond afgetel

5. Lenie Blou

 

ek het gisteraand weer gewonder of ek vir jou maar kan bel

ek het jou nommer in jou kop en in my mond afgetel

daar was ’n spook op my bed, sy wou my kaal uittrek

en by vriende brag en sê “hy’s by my”


nee, dit was vieruur die oggend toe ek jou bene sien

met daai goue lint wat om jou enkel bind

jy sê “Danie, jy sal my ook maar vir noit weer kan sien

jy’t te veel geroep en te veel gedink

maak dit by verby by met my”

maar Lenie, ek sweer dat as die oggend kom

sal ek steeds hier staan, soos jou clown vermom

en jou pa kan skree

jou moed kan breek

daar’s altyd moed wat in my steek

hey-hey-hey, my Lenie Blou

hierdie bos brand net vir jou

hey, my Lenie Blou

my Lenie Blou

met jou donkerblou sukkel ek om asem te haal

en die klip in die lug lyk vir my te kaal

ek’t jou gesê selfs die engele sal my nooit kan keer nie

ek het een keer verloor

en nooit, nooit weer nie, nee

jy’s vir my die lig in my

ja, jy’s vir my die lig in my

maar Lenie, ek sweer dat as die oggend kom

sal ek steeds hier staan, soos jou clown vermom

en jou pa kan skree

jou moed kan breek

daar’s altyd moed wat in my steek

hey-hey-hey, my Lenie Blou

hierdie bos brand net vir jou

hey, my Lenie Blou

my Lenie Blou

6. Neurie

[Instrumental]

7. Kathryn

onder in die dam lê ek opgegaar

swaar en koud en altyd naby aan jou

hoor jy die druppeltjies weergalm?

die lig drup op my arm

maak my van binne af weer warm

op die rand van die tafel

ek dans en kyk oor die wêreld uit

ek breek ’gat in die venster

ek sê vanaand kom ek lewend hier uit

hel, jy weet ek moet bly, Kathryn

Kathryn, Kathryn, Kathryn, Kathryn

en ek sê o, Kathryn

ek staan nou tien voet op in die lug

die engele om my huil, Kathryn

ek staan nou tien voety op in die lug

die engele om my huil


sy deel ’n kamer met haar twee suster

sy maak vandag vaag vir my soos ’n gister

hoor jy die druppeltjies weergalm?

die lig drup op my arms

maak my van binne af weer warm

Kathryn, Kathryn, Kathryn, Kathryn

en ek sê o, Kathryn

ek staan nou tien voet op in die lug

die engele om my huil, Kathryn

ek staan nou tien voety op in die lug

die engele om my huil

8. Kort Dônner

 

wat’s daai lyne op jou gesig?

nee, dis seker net die lig

trek jou lip styf teen my verlede

al my stories is net oordrewe

en dalk oorlede

wie’s daai kort dônner op die corner

waarmee jy heeldag staan en praat?

hy moet sy eie vriende maak

ek was al meer as net een keer jonk gewees

en die hemel alleen, dié weet

ek is al amper dood van gees

aangetrek soos ’n blinkertjie

jy gooi my hart soos ’n sinkertjie

net een woord, elk ’asem lank

as jy so slaap en praat maak jy my net só bang

wie’s daai kort dônner op die corner

waarmee jy heeldag staan en praat?

hy moet sy eie vriende maak

ek was al meer as net een keer jonk gewees

en die hemel alleen, dié weet

ek is al amper dood van gees

9.    Sambreëltjie

 

wel, hierdie soutpillaar het nou met ’n moerse knal gebreek

ek wonder wanneer jy van jou sal laat weet

hierdie kamer sluk my in, hierdie kussing sluk my weg

maar jy bly op my oë soos ’n sonvlek

ai, sambreëltjie, hou jouself net bo

die ergste lê daar voor

op die agterstoep van my brein raak ek dronk aan iets soos jy

jou voete skuif nader, kruisbeen-hooggety

ek het ’n foto, maar dis klein

van iets wat lyk soos jy

ag, hou dit toe, die sal my kamer aan die brand slaan

ek dink jou bloed is in my hart

jou God in my long

ek styg in ’n sprong

soos ’n warmballon

10. Kogelbaai

staan ’n bietjie stil

teken daai boompie klaar op my hand

ek versamel jou

in koeldrankbottels vol warmgemaakde sand

warmgemaakde goud

ek het my verloor

trek daai truitjie uit, jy martel my

kyk wat hou ons oor

almal sê die man in my is dood

maar daar’s iets in my bloedstroom

wel, dis heeltemal te laat

om van plan te verander

sit net langer, sit net langer

 

11.  Drietyd Op Die Dakke

red my dan

ek sal selfs my siel verkoop

vir ’n kamer langsaan jou

dan klim ons uit 

en klim tot op die dak

waar die stad vir jou kan kyk

vir jou sal ek dan al my tyd verruil

ek het dan amper die Here gevang in jou hand

Kathryn, jy

gryp my nou

en dan hou ons onstwee blind

wees jy die laaste ding in my sig

al loop ons tien keer om dieselfde blok

tot die mense saam ons sing

ons hoef dan nooit meer te praat nie

Kathryn, jy


groen kindjie

 

12. Syn

gaan woon ons in ’n boomhuis alleen

en as dit reën sal ek op die dak gaan staan

en elke druppel vang vir ons 

in ’n blou keteltjie, vrou

weet jy nie?

ons kan deur hierdie kom

selfs met ’n hartseer glimlag

dan nooi ons al ons vriende om te trou

ek dink ek het een of twee

maar die vloer is lendelam

hierdie mense maak my eintlik net bang

hey, staan stil vir een sekonde

mamma, kyk na my wonde

dis nie wonde nie, my kind

jy mag dalk net so dink

maar baie meer het al baie meer verloor

as ek haar meer kon mis het ek gedisintegreer

jy weet ek kan dalk arm bly

ek sit vas in verledetyd

maar jy bly my by

jy sleep my langsaan tot jou slaap

met my hart tot op jou oor

ek weet hy’s dood, maar hy praat met my

en daar’s krake op die vensters van my oë

wat de fok? is dit jy wat daar skuil

in die koelte van my syn

hey, staan stil vir een sekonde

mamma, kyk na my wonde

dis nie wonde nie, my kind

jy mag dalk net so dink

maar baie meer het al baie meer verloor

as ek haar meer kon mis het ek gedisintegreer

 

13 .Wals ii

 

Kathryn, wil jy wals?

almal het om jou verdwyn

en die klop in jou bors weergalm

oor die kranse van my brein

gee my een verdomde kans

om ons nog saam hier uit te kry

hou jou hande op

die skemer steek jou nog weg

draai jou lyfie om

die aarde sal om jou breek

die einde kan maar kom

Here, ek voel ’n veer

draai jou lyfie om

die aarde sal om jou breek

die einde kan maar kom

Here, ek voel ’n veer

jy staan die winde teen

 

Ek sien jou op die golwe

my ding

ek sien iets wat in my blink